Danika Odendaal

Danika Odendaal Danika Odendaal Danika Odendaal

Ouderdom

18

Tuisdorp

Pretoria

Skool en dorp/stad van skool

Die Hoerskool Wagpos in Brits Noord Wes

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Van kleins af was ek nog altyd mal oor alles wat blink en glinster, veral diamante. My ouma het altyd vir my gesê hoe mooi ek in pienk lyk, maar ek wou nooit pienk dra nie. Vandag het pienk vir my ’n besondere betekenis gekry en het dit deel geword van my matriekafskeiddroom.

Ek het van kleins af ’n prentjie in my kop gehad van hoe my droomrok moes lyk, maar die kleur was altyd ’n onsekerheid. Saam met my ma het ek uiteindelik op sagte pienk besluit — ’n kleur wat ek nooit gedink het ek self sou kies nie.

Carike Nel het my droomrok gemaak, en al was daar dinge waaroor ek onseker was, het ek haar ten volle vertrou om my visie in ’n werklikheid te omskep. My droomrok het lewe gekry.

Vir my is die rok meer as net ’n matriekafskeidrok. Dit verteenwoordig my liefde vir alles wat glinster, die droom wat ek van kleins af gekoester het en ’n besondere herinnering aan my ouma se woorde. Wat ek vroeër nooit wou dra nie, het die kleur geword waarin ek op een van die mooiste aande van my lewe kon uitstaan.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media