Marili Walters
Ouderdom
Tuisdorp
Skool en dorp/stad van skool
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Van die begin af het ek geweet dat my matriekafskeidrok iets heeltemal anders moet wees: die rok moet elegant maar treffend wees, en ook iets van myself weerspieël. My idee was eenvoudig: ‘n minimalistiese bokant met ‘n besondere, unieke onderkant. Met ‘n prentjie in my kop en twee foto’s van blomontwerpe wat my geïnspireer het, het ek my visie met Lauren R Couture gedeel, en sy het dit presies verstaan. Sy het met haar kreatiwiteit en oog vir detail voorgestel dat ons die blomblare van ‘n spesifieke materiaal en tegniek maak om die tekstuur en effek te kry wat ek wou hê. Meer as 800 blomblare was nodig om blomme te vorm wat die onderkant van die rok die sagte, lewendige beweging gee, en elke blom moes met die hand op die rok vasgewerk word!
Geel was my vanselfsprekende keuse, want dit is my gunstelingkleur. Maar dit moes ‘n sonskyngeel wees, die toonbeeld van lig, energie en warmte. Min het ons geweet dat die soektog na die regte materiaal én die perfekte geel een van die grootste uitdagings sou wees. Na maande se soek, talle oproepe en boodskappe aan materiaalwinkels regoor die land en onsekerheid of ek my idee sal kan deurvoer met die tyd wat uitloop, het ek een oggend onverwags ‘n boodskap uit Durban gekry: hulle het die regte materiaal, in die geel waarna ek soek!
Die dag toe ek die voltooide rok vir die eerste keer aantrek, was die gevoel oorweldigend. Die sagte, wasige silhoeët, die lewendige beweging van die blomblare en die perfekte sonskyngeel het alles bymekaargekom en my idee is selfs `n mooier werklikheid gemaak. Ek was super opgewonde want dit het my grootste verwagting oortref!
