Mikha Enslin
Ouderdom
18
Tuisdorp
Graaff-Reinet
Skool en dorp/stad van skool
Hoër Volkskool Graaff-Reinet
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My inspirasie was om ’n rok te skep wat my natuurlike skoonheid beklemtoon en my uniek laat voel. Die sagte liggroen kleur, sprankelende besonderhede en vloeiende materiaal gee die rok ’n elegante, byna sprokiesagtige sjarme. Die grasieuse snit en chiffon afwerking dra by tot die rok se besondere voorkoms. Die eindresultaat is ’n rok waarin ek gemaklik voel en wat vir my ’n merkwaardige betekenis inhou.
