Anne-Rete Le Roux
Ouderdom
18
Tuisdorp
Heidelberg
Skool en dorp/stad van skool
Hoër Volkskool Heidelberg
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My inspirasie was die natuurlike skoonheid van blomme en bloeisels. Ek wou ’n sagte, romantiese voorkoms skep met ’n tikkie van ’n blommekind-gevoel. Die idee was om iets anders en uniek te dra wat my persoonlikheid weerspieël – elegant, dromerig en vol lewe, net soos ’n bloeisel wat besig is om te blom.
