Jessimie van der Sandt

Jessimie van der Sandt Jessimie van der Sandt Jessimie van der Sandt

Ouderdom

18

Tuisdorp

Worcester

Skool en dorp/stad van skool

HTS Drostdy, Worcester

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek wou nog altyd ’n rok hê wat anders is – ’n ware weerspieëling van wie ék is! ’n Rok wat ek met gemak en selfvertroue kan dra en waarin ek heeltemal myself kan wees. Ek is nie bang is om anders te wees nie en daarom was dit baie belangrik dat my rok beslis individualiteit moes uitstraal. Blomme was van die begin af my inspirasie en ek het gedroom van ’n blomversierde lyfie met pêrels en net genoeg “bling”. Die dramatiese romp, met sy verskillende skakerings van pienk, wynrooi en koraal, asook ’n sjampanjekleurige basis, moes die sagte blomdetail komplementeer en die rok ’n besondere karakter gee.

Hierdie rok was veel meer as net ’n matriekafskeidrok; dit was ’n droom wat André Goosen in ’n werklikheid omskep het. Hy het elke element met soveel sorg saamgevoeg en my grootste verwagtinge oortref.

Ek dink as dit by jou matriekafskeid kom is die “moenies” dalk baie belangriker as die “moets”! Moenie voorgee nie, moenie vergelyk nie en moenie by ander se verwagtinge aanpas nie. Jou uniekheid is jou mooiste eienskap!

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media