Julie Herbst

Julie Herbst Julie Herbst Julie Herbst

Ouderdom

18

Tuisdorp

Vanderbijlpark

Skool en dorp/stad van skool

Hoërskool Transvalia

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het van die begin af geweet dat ek nie ’n rok in net een soliede kleur wou hê nie. Ek wou iets uitspattigs en onverwags dra — iets wat mense sou onthou, maar wat steeds soos ek voel. Die vorige jaar het ek ’n meisie gesien wat ’n rok met ’n veelkleurige luiperdpatroon gedra het, en dit het dadelik my oog gevang. Dit het my laat dink aan hoe mooi ’n dierepatroon op ’n matriekrok kan werk, en my eerste gedagte was: sebra, maar met ’n twist. Ek het besluit om rooi by die swart en wit te voeg omdat dit vir my die perfekte kontras was — sterk, elegant en ’n bietjie onverwags. My oorlede ouma was ook ’n groot deel van die inspirasie agter die rok. Sy het altyd gehou van iets moderns, besonders en amper “runway ready”. Terwyl ek die rok beplan het, het ek baie aan haar gedink en geweet sy sou daarvan gehou het dat ek nie die veilige opsie kies nie. Die rooi was daarom vir my meer as net ’n kleurdetail; dit was die element wat die rok daardie ekstra bietjie persoonlikheid en drama gegee het wat ek weet sy sou waardeer het.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media