Monique de Flamingh
Ouderdom
Tuisdorp
Skool en dorp/stad van skool
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My droom was nog altyd om ’n matriekafskeidrok te hê wat anders en uniek is. Ek wou nie bloot ’n rok dra omdat dit mooi is nie, maar een wat wys wie ék werklik is.
Van kleins af het ek ’n groot liefde vir kuns en kleur gehad. Min dinge maak my so bly soos om deur mooi kleure omring te wees. Kreatiwiteit is my passie en is in my bloed, en ek wou dit met selfvertroue vir almal wys.
Balrokke en rokke met ’n oudtydse gevoel lê my ook na aan die hart. Ek kan my lank aan die fyn besonderhede daarvan verwonder. Daarom het ek besluit om al hierdie elemente in my ontwerp saam te bring. Met elke kleur en elke ekstra ietsie wat ek gekies het, het ek myself afgevra: “Is dit ek?”
Om die ontwerp af te rond, het ek besluit om blomme as ’n fokuspunt te gebruik. Dit het die geheelbeeld voltooi en my liefde vir die natuur op ’n subtiele manier weerspieël. Ek wou hê mense moes my rok vir sy uniekheid en kreatiwiteit onthou; net soos ek graag onthou wil word.
