Marinet van Zyl
Ouderdom
18
Tuisdorp
Pretoria
Skool en dorp/stad van skool
Hoërskool Waterkloof, Pretoria
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My droom was om asems weg te slaan. Ek wou oorspronklik ‘n goue rok hê maar toe die ontwerper hierdie materiaal om my drapeer was mý asem weggeslaan. Ek het oombliklik besef die donker aksent laat my oë straal en die ryk geborduurde goue motiewe komplimenteer my hare.
Wat die ontwerp betref het ‘n familielid vir my ‘n prent gewys van ‘n rok met openinge in die sye en ek het gedink “Sjoe, dis anders! Ek wil dit graag hê.” Ek het dit aan die ontwerper verduidelik en hy het my visie 100% en meer gerealiseer.
