Danielle Lamprecht

Danielle Lamprecht Danielle Lamprecht Danielle Lamprecht

Ouderdom

18

Tuisdorp

Pretoria

Skool en dorp/stad van skool

Hoërskool Waterkloof, Pretoria

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek was nog altyd mal oor die unieke patrone en kleure wat in die natuur voorkom, veral die luiperd se patroon. Ek wou graag iets dra wat anders, gewaagd en uniek is, maar steeds elegant en vroulik lyk. Ek was bevoorreg om ‘n ontwerper soos Gerrit Pienaar te gehad het. Hy het my droomrok in ‘n realiteit verander!
Die kombinasie van die bruin, swart, goue en aardse kleure gee die rok 'n natuurlike, maar ook luukse voorkoms. Ek wou hê die rok moes 'n bietjie karakter hê en nie soos 'n gewone matriekafskeidrok lyk nie. Die luiperdpatroon gee dit 'n sterk en selfversekerde gevoel, terwyl die snit van die rok dit steeds elegant hou.
Ek wou hê my rok moes my persoonlikheid weerspieël en iets wees wat uitstaan en onthou sal word. Vir my verteenwoordig dit die perfekte kombinasie van wild, elegant, selfversekerd en uniek.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media