Suzaan le Roux
Ouderdom
18
Tuisdorp
Mosselbaai
Skool en dorp/stad van skool
Hoërskool Punt, Mosselbaai
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My rok is geïnspireer deur die sonsopkoms. Net soos die sonsopkoms elke dag ‘n nuwe begin aankondig, simboliseer hierdie rok die seën van ‘n vars oggend, hoop vir die toekoms en dankbaarheid vir elke geleentheid. Dit is my manier om dankie te sê dat ek geseënd is met elke nuwe dag.
