Roche Roux

Roche Roux Roche Roux Roche Roux

Ouderdom

18 Jaar

Tuisdorp

Roodekrans

Skool en dorp/stad van skool

Hoerskool Noordheuwel |Krugersdorp

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My boetie se matriekbaadjie van 'n paar jaar gelede was die grootste inspirasie vir my rok die jaar. Binne-in sy baadjie was foto's van al die spesiale herinneringe en hoogtepunte van sy matriekjaar. Toe ek dit sien, het dit my diep geraak, omdat ek besef het hoe kosbaar hierdie fase van 'n mens se lewe werklik is en hoe vinnig dit verbygaan.

Dit het my laat droom van 'n manier waarop ek my eie matriekreis vir altyd kon vasvang. Ek wou nie hê my rok moes net iets wees wat ek vir een aand dra nie.
Ek wou hê dit moes my storie vertel, die vriendskappe, die lag, die uitdagings, die groei en al die onvergeetlike oomblikke wat my matriekjaar so besonders gemaak het. Daarom het ek die idee gebruik om my herinneringe deel van die ontwerp te maak, sodat ek altyd 'n stukkie van daardie tydperk by my kan hou. Die foto "sleep" kan af en opklip, net soos ek hom wil dra, maar daai fotos bly dan iets spesiaals wat ek verewig kan deel. Dankie aan Lizan Zondagh Courture wat hierdie idea ontwerp en vasgevang het vir my.

Die koningsblou van my rok pas by my natuurlike voorkoms en het my rooi hare mooi gekomplimenteer, maar ook omdat dit iets van my persoonlikheid weerspieël. Ek wou hê die rok moes nie net mooi wees nie, maar eg aan my.
Die kleur van die materiaal was vir my baie spesiaal. Blou was reeds deel van my lewe sedert laerskool en was die kleur van beide my laer- en hoërskooldrag. Daarom wou ek my skoolloopbaan simbolies afsluit met dieselfde kleur wat my deur al die jare vergesel het. As ekstra bonus was dit ook die kleur van my ma se matriekafskeidrok, wat 'n besondere gevoel van nostalgie aan die hele proses gegee het.
Dit het die besluit soveel makliker gemaak en die rok nog meer betekenisvol gemaak.

Wanneer ek nou na my rok kyk, sien ek nie net materiaal en ontwerp nie.
Ek sien 'n jaar vol herinneringe, mense wat my lewe verryk het en oomblikke wat my gevorm het. 'n Perfekte afsluiting.
Dit is vir my meer as net 'n matriekafskeidrok, dit is 'n tydkapsule van een van die mooiste hoofstukke van my lewe.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media