Carli Nel
Ouderdom
18 jaar
Tuisdorp
Pretoria
Skool en dorp/stad van skool
Hoërskool Waterkloof Pretoria
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Die inspirasie vir my rok kom uit die natuur, veral die kleure van die see en die lug. Ek bring elke Desember vakansie by Nature’s Valley deur, ’n plek wat vir my besonders is en waar ek baie van die natuur se skoonheid geniet. Al is ek gewoonlik baie besluitloos, het ek dadelik geweet dat ek ’n blou rok wil hê en was ek van die begin af verlief op die vorm van die ontwerp. Ek wou ook graag ’n speelse element byvoeg, en daarom het ons die verskillende lae valle ingewerk.
