Mathilda Liebenberg
Ouderdom
Tuisdorp
Skool en dorp/stad van skool
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek wou graag ’n rok hê wat my ligte, vrolike en “fun” persoonlikheid weerspieël. My inspirasie was om ’n elegante, maar terselfdertyd “effortless” en stylvolle voorkoms te skep – iets wat my eie persoonlikheid vasvang en waarvan beide my 16-jarige sussie en my ouma sou hou.
Ek het daarom op ’n helder, sagte kleur besluit. Die unieke pienk-oranje skakering is geïnspireer deur ’n roos in my ouma se tuin. Ek was verlief op die manier waarop die kleur met die bruin aarde rondom die roos saamgesmelt het. Ek het dadelik gedink dat hierdie besonderse skakering mooi met my bruin oë en hare sou kontrasteer.
Die T-lengte was van die begin af ’n moet vir my matriekafskeidrok. Ek wou iets anders as die tradisionele lang matriekafskeidrok hê.Hierdie lengte het die rok vir my uniek en persoonlik gemaak. Dit het ook die geleentheid geskep om my skoene deel van die algehele voorkoms te maak, eerder as om dit onder lae materiaal weg te steek en die bonus was dat ek die hele aand gemaklik kon dans en die aand geniet want mens is net een keer agtien.
