Lynne Cilliers
Ouderdom
17
Tuisdorp
Beaufort West
Skool en dorp/stad van skool
Hoërskool Outeniqua in George
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Geïnspireer deur my gunsteling-Formule 1-span (Ferrari!) het ek ’n pragtige bordeaux rooi balrok gekies wat elegansie met 'n prinsesagtige voorkoms (waarvan ek gedroom het), gekombineer. Ek het ook voorheen die Vineam Kasteel op sosiale media gesien en geweet dit gaan 'n ongelooflike kombinasie wees vir my idee. My eie kasteel, op die dag van prinses wees!Ek is nie 'n meisie wat tierlantyntjies het nie. En in die geval het eenvoud die praat werk gedoen. My ontwerper het my lyf ongelooflik goed gelees en opgesom: ek kon nie vir beter gevra het nie. Sy't verstaan waar ek (Emma en Ma) vandaan gekom het met die idee en sy het dit perfek lewe gegee.
