Lara Stemmet
Ouderdom
18
Tuisdorp
Stellenbosch
Skool en dorp/stad van skool
Hoër Meisieskool Bloemhof, Stellenbosch
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My grootste inspirasie vir my rok was ek self. Ek wou sò graag 'n rok hê wat uniek is, maar ook iets wat my persoonlikheid reflekteer. Ek het geweet ek sal 'n maroen rok wil dra, want dit is een van my gunsteling kleure. Na úre se soektogte aanlyn het my ma dié rok opgespoor wat ek glo die perfekte kombinasie van pret, spontaniteit, maar ook klassieke "sjiek" uitbeeld.
