Lara van Niekerk

Lara van Niekerk Lara van Niekerk Lara van Niekerk

Ouderdom

18

Tuisdorp

Somerset Wes

Skool en dorp/stad van skool

Stellenbosch

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My matriekafskeidrok is meer as net ‘n rok maar my droom vasgevang in materiaal. Toe ek vir die eerste keer op 6 jaar oud ‘n blou blink rok gesien het by ‘n modeparade - was die saadjie vir my droomrok geplant. Die droom het ook verder ontwikkel soos my liefde vir die see gegroei het en ek wou gehad het my rok moes dit alles weerspieël.

My rok moes ‘n glinsterende seegroen skepping wees wat my aan die kleur van die helder water herhinner en die kralewerk wat die lig vasvang moes dit laat lyk soos die son wat op water skitter. Terselftertyd het die rok ‘n ou-Hollywood-glans wat ek voel perfek by my old soul pas, want ek is mal oor die styl van daai era waar alles klassiek, vroulik en elegant was. Vrouens het uitgestaan sonder om te hard te probeer - hulle teenwoordigheid was genoeg.

In my rok was ek die beste weergawe van myself. Ek het elegant, selfversekerd en volwasse gevoel. My grysgroen oë het uitgestaan en ek het gelyk asof ek die glans van die see dra.

Die rok is nie ‘n rok wat net inpas nie. Dit was gemaak om te skitter, om ‘n storie te vertel en om ‘n droom van sesjarige dogtertjie en volwasse vrou in ‘n werklikheid te verander.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media