Riva Joubert
Ouderdom
18
Tuisdorp
Bloemfontein
Skool en dorp/stad van skool
Oranje Meisieskool Bloemfontein
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Van kleins af was ek nog altyd bekend as die blommekind. Ek het altyd blomme in my hare gedra, party wat ek sommer self gemaak het. Met ouderdom het my smaak bietjie meer vereenvoudig, maar ek het steeds my liefde vir blomme behou. Ek was ook nog altyd baie lief vir teal. Daarom was dit maklik om te besluit op dié kleur. My rok is dus ‘n ode aan die blommekind wat my daagliks inspireer om die mooi in die lewe raak te sien.
