Danyelle Pienaar

Danyelle Pienaar Danyelle Pienaar Danyelle Pienaar

Ouderdom

18

Tuisdorp

Bloemfontein

Skool en dorp/stad van skool

C&N Sekondêre Meisieskool Oranje in Bloemfontein

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek wou hê my matriekafskeidrok moes my persoonlikheid weerspieël. Ek het iets elegant en uniek gesoek, maar steeds iets waarin ek soos myself kon voel. Dit was vir my belangrik om die rok met selfvertroue te kon dra. Ek wou ook graag hê dat die kleur van die rok die rooi in my hare moes uitbring en beklemtoon. Toe ek jonger was, was ek altyd skaam oor my rooi hare, maar vandag is dit een van my gunstelingeienskappe van myself waarop ek verlief geraak het. Daarom wou ek hê my rok moes dit mooi komplementeer. Ek wou iets hê wat eenvoudig, tydloos en stylvol is, maar steeds iets besonders het.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media