Bea-Marie Meyer

Bea-Marie Meyer Bea-Marie Meyer Bea-Marie Meyer

Ouderdom

18

Tuisdorp

Stellenbosch

Skool en dorp/stad van skool

Hoër Meisieskool Bloemhof/Stellenbosch

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Die inspirasie vir my rok kom uit ’n dogtertjiedroom wat ek al vir baie jare in my hart saamdra. Ek glo elke klein dogtertjie droom daarvan om eendag soos ’n prinses te voel, en ek het nog altyd ’n baie spesifieke prentjie gehad van hoe my matriekafskeidrok moes lyk. Ek wou iets hê wat nie net mooi is nie, maar wat my persoonlikheid weerspieël – sag en romanties, maar terselfdertyd treffend en uniek. Wat hierdie droom vir my soveel meer betekenis gee, is dat ek en my ma dit saam kon verwesenlik. Elke idee, elke besluit en elke klein detail het ’n kosbare herinnering geword. My rok is daarom vir my soveel meer as net ’n mooi skepping. Dit vertel die storie van ’n dogtertjie se droom, ’n ma en dogter se besondere band en die bittersoet besef dat een van die mooiste hoofstukke van my kinderjare tot ’n einde kom.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media