Sharné Venter

Sharné Venter Sharné Venter Sharné Venter

Ouderdom

18

Tuisdorp

La Montagne

Skool en dorp/stad van skool

Hoërskool Die Wilgers, Pretoria, Gauteng

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie het begin by twee verskillende idees, maar een gedeelde droom: om iets te skep waarin ek myself ten volle kon wees.

Van die begin af het ek geweet dat 'n rok nie vir my sou werk nie, terwyl my mam's gehoop het op iets meer tradisioneel. Ek het op Pinterest begin rondsoek na inspirasie vir iets wat my persoonlikheid sou weerspieël, maar ook daardie spesiale matriekafskeidgevoel sou vasvang.

Tussen al die idees het ek op 'n skets van 'n unieke uitrusting afgekom, iets wat nog nooit gesien was op 'n matriekafskeid nie. Die oomblik toe ek dit sien, het ek geweet: DIT IS EK! Ek het dit vir my mam's gewys en gelukkig het ons albei dadelik geweet dat ek iets besonders gevind het.

Van daar af het ons saam die droom begin verwesenlik. My mam's en my peetma het my deur die hele proses ondersteun, en met elke uitdaging, elke aanpassing en elke verandering wat ons saam oorkom het, het my droomuitrutsing al hoe meer 'n werklikheid geword.

Die eindresultaat is soveel meer as net 'n uitrusting. Dit is 'n weerspieëling van my persoonlikheid, my eie styl en die liefde en ondersteuning van my mam's en peetma.

My droomuitrusting – uniek, anders en 100% ek!

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media