Monique Albers
Ouderdom
18
Tuisdorp
Centurion
Skool en dorp/stad van skool
Hoërskool Centurion, Centurion
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het hierdie spesifieke ontwerp gekies omdat dit vir my die perfekte balans tussen romanties, vroulik en gewaagd verteenwoordig. Die kombinasie van die delikate kant, sagte chiffon en dramatiese lae gee die rok 'n unieke karakter.
Vir my is hierdie rok veel meer as net 'n matriekafskeidrok. Dit is 'n ontwerp wat spesiaal vir my geskep is, waarin ek myself kan wees en waarin ek besonders voel. Dit sal altyd deel wees van een van die mooiste en mees onvergeetlike aande van my matriekjaar.
