Melinke Senekal
Ouderdom
18
Tuisdorp
Vanderbijlpark
Skool en dorp/stad van skool
Hoerskool Transvalia Vanderbijlpark
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My inspirasie vir my matriekafskeidrok het begin by ’n ontwerp wat ek op Pinterest raakgesien het. Ek het dadelik gehou van die elegante kombinasie van swart en wit en die dramatiese strik aan die agterkant. Ek wou egter nie net die ontwerp namaak nie, maar dit eerder my eie maak deur sekere elemente aan te pas om by my persoonlike styl en smaak te pas. Saam met my ontwerper het ons die oorspronklike idee verder ontwikkel om ’n rok te skep wat steeds die elegansie van die inspirasie behou, maar terselfdertyd uniek is en my persoonlikheid weerspieël.
