Abbey Prinsloo
Ouderdom
18
Tuisdorp
Midstream Ridge
Skool en dorp/stad van skool
Die Hoërskool Menlopark
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My inspirasie was om ’n rok te ontwerp wat mense twee keer laat kyk — nie omdat dit soos almal s’n lyk nie, maar omdat hulle nog nie iets soortgelyks gesien het nie. Ek wou die idee van ‘n glinsterende stuiwe rok kombineer met ’n lang, dramatiese pers satynsleep, amper soos twee rokke in een. Die blinkertjies gee die gevoel van ’n sterrehemel, terwyl die pers sleep soos ’n koninklike kleed agter my vloei. Ek het doelbewus pers gekies omdat ek nie in die agtergrond wou verdwyn nie; ek wou ’n kleur hê wat aandag trek en ’n blywende indruk laat. My doel was om iets te skep wat nie net ’n modeneiging volg nie, maar ’n eie identiteit het — ’n rok wat waag om anders te wees.
