Madri van Niekerk

Madri van Niekerk Madri van Niekerk Madri van Niekerk

Ouderdom

18

Tuisdorp

Standerton

Skool en dorp/stad van skool

Hoërskool Ermelo

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Navy is nog altyd mý kleur, en ’n hooggesnyde neklyn saam met ’n oop rugkant is my absolute gunsteling-styl. Maar die ware inspirasie agter hierdie ontwerp was nie net die materiaal of die snit nie; dit was ’n innerlike reis. Ek het gesoek na iets waarin ek soos ’n prinses kon voel, maar bowenal waarin ek myself kon wees met ’n nuwe vlak van selfvertroue. In hierdie rok het ek vir die eerste keer waarlik mooi en skitterend vir myself gevoel, sonder om skaam te wees daaroor. Soos my koshuismoeder altyd sê, het ek werklik soos ’n vrou met finesse gevoel. Hierdie is nie net ’n rok nie – dit is die simbool van ’n jong dame wat nie meer bang is om te skyn nie.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media