Carleah Benadie
Ouderdom
18
Tuisdorp
Pretoria
Skool en dorp/stad van skool
Hoërskool Waterkloof, Pretoria
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek wou graag ’n rok hê wat my persoonlike styl weerspieël en terselfdertyd iets besonders het. Van die begin af was ek mal oor die idee van ’n rok met pêrels en ’n bietjie ekstra glans. Ek het gehou van die sagte ‘nude’ skakering omdat dit die sprankel van die pêrels se glans mooi aanvul en die rok ñ elegante, subtiele voorkoms gee. Ek wou hê dit moet steeds modern en uniek wees, met besonderhede wat die rok vir my spesiaal maak sonder om té veel te wees.
