Caitlin Fick
Ouderdom
18
Tuisdorp
Pretoria
Skool en dorp/stad van skool
Pretoria
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My inspirasie vir my matriekafskeidrok was die tydlose elegansie van smaragde en die luukse voorkoms van diep smaraggroen. Ek wou ’n rok hê wat uniek, elegant en stylvol is, en wat se dié is Caitlin. Die blink satynmateriaal gee die rok ’n sagte, luukse voorkoms, terwyl die silwer versierings ekstra glans en detail byvoeg. Die korsetstyl aan die agterkant gee die rok ’n moderne en romantiese aanslag. Ek wou hê my rok moes soos iets uit ’n sprokie voel, maar steeds elegant en tydloos wees.
