Jacinda Ruthven

Jacinda Ruthven Jacinda Ruthven Jacinda Ruthven

Ouderdom

18

Tuisdorp

Durbanville

Skool en dorp/stad van skool

Durbanville

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My droom, van gr. 7 af, was om 'n geel rok op my spesiale te dra. My inspirasie kom van Kate Hudson in "How to loose a guy in ten days." Die idee was nooit om 'n rok te laat maak nie en so het ons soektog in gr. 11 begin. Ons het kilometers uitgery en lang ure op sosiale media deurgebring en nie die perfekte rok gevind nie. My ma het voorgestel dat ons maar YDE probeer en met die wete dat ek NIE my rok daar gaan kry nie, het ek maar ingestem. Op die rak genaamd "Last Range" het MY rok gehang! Ek kon dit nie glo nie. Al die rokke waarna ons gaan kyk het, was R5000 en nog meer en hier hang die perfekte rok vir R900... Haha... Natuurlik was die onsekerheid daar dat iemand anders ook so rok sou dra, maar dit was gelukkig glad nie die geval nie, wie sal dit dan nou waag om 'n R900 rok te koop vir 'n matriekafskeid??

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media