Anja Engelbrecht
Ouderdom
Tuisdorp
Skool en dorp/stad van skool
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Twaalf jaar se grootword word gewoonlik gemeet aan die bevordering van een graad na ‘n volgende. My mensword sou egter ook gemeet kon word aan die mate waarin ek op die verhoog gegroei het en ‘n passie vir musiek en drama ontwikkel het. Wanneer die verhoog se gordyne oopgaan en die inleiding begin speel, voel ek die lewe in my are bruis.
Daarom was die keuse van die wêreld van die verhoog as inspirasie vir my matriekafskeidrok waarin ek twaalf jaar se groei, lag, huil, vasbyt, val en opstaan wou vier, ‘n natuurlike een. Dit is ‘n wêreld waarin lig en skadu saamwerk om ’n storie te vertel.
Ek stem saam met Vera Wang wat die volgende gesê het : “I want people to see the dress but focus on the woman.” Want wanneer die gordyn uiteindelik sak, die applous stil word en die ligte uitgedoof word, is dit nie die kostuum wat die storie voltooi nie. Dit is die jong vrou wat die kostuum na twaalf jaar kan dra: met haar eie karakter, haar eie stem en die selfvertroue om nie iemand anders se rol te hoef speel nie.
