Marelee Kotzé
Ouderdom
18
Tuisdorp
Witbank
Skool en dorp/stad van skool
HTS Witbank Mpumalanga
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My inspirasie vir my matriekafskeidrok was om ’n elegante, tydlose en unieke voorkoms te skep. Ek wou ’n rok hê waarin ek soos ’n prinses voel en wat my persoonlikheid en styl weerspieël. Die satynmateriaal gee die rok ’n sagte, luukse glans, terwyl die pante wat afhang ’n besonderse en dramatiese effek skep. Ek wou hê my rok moet uitstaan en ’n onvergeetlike indruk maak op een van die spesiaalste aande van my lewe.
