Kylie Luis

Kylie Luis Kylie Luis Kylie Luis

Ouderdom

18

Tuisdorp

Stilfontein

Skool en dorp/stad van skool

Klerksdorp Hoërskool (Klerksdorp)

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My aanvanklike inspirasie was 'n helder groen rok met 'n dramatiese skouer effek. Met my eerste konsultasie, saam met Carike, het ons 'n paar rokke aangepas om my inspirasie te visualiseer. Carike het toe hierdie swart rok nadergebring en gesê dat sy graag wil sien hoe lyk swart aan my. Ek was nie juis opgewonde nie, maar toe ek in die spieël kyk, toe kon ek nie my oë glo nie. Dit was beeldskoon! Die rok was anders en dit was presies waarvoor ek gesoek het. Iets dramaties, modern en wat niemand sou verwag nie. Ek kan nogsteeds nie ophou om aan die rok te dink nie.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media