Mareli Wassermann
Ouderdom
18
Tuisdorp
Johannesburg
Skool en dorp/stad van skool
Hoërskool Randburg
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het op Pinterest gaan soek vir idees, en heelwat rokke gemerk. Daar was iets van elke rok wat ek wou gebruik, of dit nou die styl of die kleur of die materiaal was. Op die ou einde was my grootste inspirasie 'n blou rok met baie fyn goue patrone. Ek wou gehad het dat die rok moes uitstaan en iets wees wat nie gereeld gesien word nie.
