Annika Tromp
Ouderdom
17
Tuisdorp
Jacobsdal
Skool en dorp/stad van skool
Landboudal in Jacobsdal
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Vir my lê ware styl daarin om getrou aan myself te bly. Ek wou ’n rok hê wat my persoonlikheid weerspieël: konserwatief, klassiek en elegant, maar met iets besonders wat dit anders en vroulik maak. Die mosterdgeel kleur, Mikado materiaal en elke detail is doelbewus gekies om ’n unieke en luukse geheel te vorm sonder om te veel te wees. My rok is vir my meer as net ’n mooi uitrusting — dit vertel iets van my, my styl en my persoonlikheid. Ek hoop dit is ’n rok wat nie net vir sy voorkoms onthou word nie, maar vir die karakter en individualiteit wat dit uitstraal.
