Chadé Van vuuren
Ouderdom
18
Tuisdorp
Bedfordview
Skool en dorp/stad van skool
Hoërskool Kempton Park
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My inspirasie het begin by ’n prentjie in my eie verbeelding — ’n rok wat ek altyd in my gedagtes voorgestel het. Ek het geweet ek wou iets hê wat elegant, tydloos en uniek is, met sagte baba blou kleure en silver besonderhede wat die rok ’n sprokiesagtige gevoel gee. Ek wou hê my rok moes nie net mooi wees nie, maar ook my persoonlikheid weerspieël en my soos die beste weergawe van myself laat voel op ’n besonderse aand.
