Elizabeth Schmidlin

Elizabeth Schmidlin Elizabeth Schmidlin Elizabeth Schmidlin

Ouderdom

18

Tuisdorp

Durbanville

Skool en dorp/stad van skool

Durbanville High School

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

'Ek droom al jare van my matriekafskeidrok, die kleur, die anders, maar tog tydlose en klassieke styl wat ek nagestreef het. Ek het 'n baie traumatiese jaar gehad. Ek het eers my geliefde ouma en toe my pa verloor en wou nie Matriekafskeid toe gaan nie. Ek wou nie eens skool toe gaan nie. Dit het my lank geneem om hierdie dinge net 'n klein bietjie te verwerk, net genoeg dat my ma my kon oorreed om net vir Didi te gaan 'kuier', mèt my inspirasiebord natuurlik. Met Didi se entoesiasme en positiewe gesindheid, toe sy my vertel presies HOE ongelooflik my rok gaan wees, het ek net daar besluit ek WIL hierdie rok hê. Kom wat wil. Ek dra my baie besonderse ontwerpersrok op aan my ouma & my pa, wat nie die dag met my kon deel nie.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media