Carmen Burger

Carmen Burger Carmen Burger Carmen Burger

Ouderdom

18

Tuisdorp

Johannesburg

Skool en dorp/stad van skool

Helpmekaar Kollege, Johannesburg

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het my oorbelle reeds 'n jaar gelede in Paternoster gekoop, lank voordat ek aan 'n rok begin dink het. Toe ek egter die pragtige rooi rok sien, geïnspireer deur klassieke Hollywood-glans, het ek dadelik geweet: die een is vir my. Die diep rooi satyn, vol en vloeiende romp, romanties gestruktureerde korsetlyfie, hartvormige halslyn, skouerbande wat in strikke vasgemaak word en hoe split wat die rok so mooi laat beweeg, het my onmiddellik opgewonde gemaak. Hoewel ek 'n paar ander rokke aangepas het, het ek telkens na hierdie een teruggekeer, omdat ek daarin gemaklik en stylvol gevoel het.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media