Anzelle Botes
Ouderdom
Tuisdorp
Skool en dorp/stad van skool
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My inspirasie het gekom van verskeie foto’s van rokke wat ek versamel het, met besonderhede waarvan ek baie gehou het. Ek wou nie net een ontwerp gebruik nie, maar my gunsteling elemente uit verskillende rokke kombineer om iets uniek te skep.
My reis het begin met ’n uitstappie saam met my ma na ’n materiaal winkel in Port Elizabeth. Ek was nie eens seker watter kleur ek wou hê nie, totdat die behulpsame verkoopdame ’n pragtige ysblou satyn voor my gehou het. Die oomblik toe ek sien hoe mooi dit my gelaat komplimenteer en my blou oë laat uitstaan, het ek geweet: dit is die materiaal!
Ek het ’n elegante rok met fyn blomdetail en ’n besonderse, treffende rug in gedagte gehad. Omdat ek van Jeffreysbaai af kom, het my ma vir Cindy Shaw Nell van Humansdorp gekontak oor die maak van my rok en sy het al my inspirasiefoto’s en idees geneem en dit sonder ’n vaste patroon in ’n unieke ontwerp omskep.
Met elke passing het my droom al hoe meer werklik geword. Die eindresultaat was ’n rok wat werklik my eie was — ’n kombinasie van inspirasie, kreatiwiteit en besonderse skeppings talent.
