Ané Adendorff

Ané Adendorff Ané Adendorff Ané Adendorff

Ouderdom

18

Tuisdorp

Krugersdorp

Skool en dorp/stad van skool

Hoërskool Noordheuwel

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Die “draaitoets”: Van kleins af moes elke rok in die winkel dié toets slaag voordat ek dit sou dra (selfs my rokkie in ons familieskildery beeld dit uit). Daarom was dit heel gepas dat dit die heel eerste vereiste vir my matriekafskeidrok moes wees.

Ek is lankal lief vir groen - nie bottelgroen of blougroen nie, maar spesifiek olyfgroen. Dis 'n kleur wat baie ooreenstem met my menswees, aangesien dit nie skree om aandag nie. Dit is eerder subtiel oral om ons in die natuur, en kry waardering deur dié wat die moeite doen om die skoonheid daarin raak te sien.

My rok het ook 'n goue kraletjiemotief wat die idee van die fyner detail in die lewe komplimenteer. Verder is ek mal oor my rok se valle, aangesien dit 'n pragtige beeld van beweging skep - ideaal vir die draaitoets! Die ontwerp self is die produk van 'n klomp “wat as ons...”-idees, want wie kan nou regtig kies as daar soveel mooi opsies en idees is? Algeheel weerspieël my rok warmte en subtiele elegansie, en ek soek reeds 'n verskoning om dit weer te kan dra!

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media