Elzette Wessels
Ouderdom
Tuisdorp
Skool en dorp/stad van skool
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Al sedert ek klein was en ’n meisie met ’n pragtige geel matriekafskeidrok gesien het, het ek gedroom om self een dag so een te dra. Ek het altyd geweet ek wil geel hê, maar geel is nie ’n kleur wat almal sommer kan dra nie. Daar is soveel verskillende skakerings, en ek moes mooi dink watter een regtig by my pas.
My grootste inspirasie het sommer van ons plaas af gekom. Daar is vir my min dinge so mooi soos die droë wintergras wat in die laatmiddagson se goue strale verander wanneer die son begin sak. Daardie warm, diep goudgeel kleur het my dadelik geïnspireer – ek het geweet dit is die geel wat ek wil hê.
Met die ontwerp wou ek iets maak wat mense laat omdraai en sê: “WOW!” Iets wat modern en uniek is, maar terselfdertyd steeds mooi en klassiek voel.
Bo alles moes my rok wys wie ek is. Ek is spontaan, uitgaande, liefdevol en ek gee regtig om vir mense. Ek is nie bang om uit te staan of myself te wees nie, en ek wou hê my rok moet presies dit wys.
Op die einde was dit meer as net ’n mooi rok. Dit was ’n stukkie van wie ek is – geïnspireer deur die natuur, gemaak met liefde en gedra met selfvertroue.
