Lumé Erasmus

Lumé Erasmus Lumé Erasmus Lumé Erasmus

Ouderdom

18

Tuisdorp

Weltevredenpark

Skool en dorp/stad van skool

Helpmekaar Kollege-Johannesburg

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Sedert graad 4 droom ek al van my matriekafskeid. Deur die jare het ek my droomrok stadig maar seker begin beplan, tot in die fynste besonderhede. Omdat ek ’n talent vir teken het, het ek reeds in graad 7 my rok begin skets en ontwerp. My hoop vir my rok was om mooi en elegant te lyk, maar ook om selfversekerd te voel en my figuur mooi na vore te bring. Ek is mal oor fyn detail en ’n bietjie bling, en dit was juis my inspirasie vir die klein, glinsterende besonderhede wat die rok so uniek en spesiaal maak.

My grootste inspirasie was wel my ouma. Ons altwee se gunstelingkleur is ligte roosgoud, en sy het my alles geleer wat ek vandag weet oor hoe ’n vrou ’n vertrek kan betower deur haar keuse van kleredrag.

Die pêrels wat aan my rok vasgewerk is, het ’n besonderse betekenis, aangesien my ouma elke dag pêrels gedra het. Dit is my manier om ’n stukkie van haar saam met my te dra op een van die belangrikste dae van my lewe.

Een van my grootste drome is om Sarie se Matriekafskeidrok van die Jaar te wen — nie net omdat dit ’n groot eer sou wees nie, maar omdat ek my ouma trots wil maak en haar nagedagtenis op ’n besonderse manier wil vereer.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media