Amore Jansen
Ouderdom
Tuisdorp
Skool en dorp/stad van skool
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het besluit om my eie matriekafskeidrok te maak omdat ek eendag ’n designer wil word en nog altyd daarvan gehou het om nuwe dinge te te maak en my idees tot lewe te bring.
My ontwerp is geïnspireer deur ’n mengsel van moderne design met n Griekse aksent. Met elegante lyne en fyn detail wat die rok uniek maak. Ek het donkerbruin gekies omdat dit my natuurlike voorkoms komplimenteer, maar ook ’n minder algemene kleur is wat uitstaan sonder om te veel te wees.
Elke detail is doelbewus gekies om my persoonlikheid, kreatiwiteit en individualiteit te weerspieël. Vir my is hierdie rok meer as net iets om na my matriekafskeid te dra, dit verteenwoordig my liefde vir ontwerp en is ’n klein voorsmakie van die designer wat ek eendag hoop om te word.
