Aimée Barrow
Ouderdom
18
Tuisdorp
Parys
Skool en dorp/stad van skool
Hoërskool Ferdinand Postma Potchefstroom
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My inspirasie was beslis my jonger self. As ek aan klein Aimée dink, dink ek strikke, pienk, Barbie, blink, en ’n romp wat wyd draai. Ek wou nog altyd my eie kreatiwiteit uitbeeld en al my gunstelingdinge in een rok hê. My rok moes elegant wees, maar ook ’n speelse kant hê, wat vasgevang is in die kort rompie.
