Wendy-Lee du Plessis
Ouderdom
18
Tuisdorp
Paarl
Skool en dorp/stad van skool
Hoerskool Paarl Gimnasium, Paarl
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My inspirasie was eenvoudig: Diva Wendy! Dis die bynaam wat my vriende my gegee het, en ek het geweet my matriekafskeidrok moes daardie deel van my persoonlikheid weerspieël. Ek wou nie net nóg ’n mooi rok dra nie. Ek wou iets anders hê, iets wat uitstaan, grense verskuif en ’n stelling maak. Die dramatiese swart satyn, fyn kantdetail en unieke ontwerp was die perfekte kombinasie van elegansie, selfvertroue en ’n bietjie drama. Ek wou hê mense moes na my rok kyk en dadelik dink: “Dis só Diva Wendy!” Vir my was dit nooit net oor die rok nie, maar oor die geleentheid om my persoonlikheid sonder ’n enkele woord uit te druk. Want as daar een aand was om voluit Diva Wendy te wees, was dit my matriekafskeid!
