Dane Henning
Ouderdom
18
Tuisdorp
Randburg
Skool en dorp/stad van skool
Hoërskool Randburg , Johannesburg
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My inspirasie vir my matriekafskeidrok kom van my liefde vir geel, iets waarvan ek al van kleins af baie gehou het. Geel laat my altyd aan sonskyn, geluk en helder kleure dink. Ek wou hê my rok moet daardie gevoel vasvang en iets wees wat my persoonlikheid weerspieël. Die sagte geel kleur en blomdetail gee die rok ’n elegante, vrolike voorkoms, terwyl dit steeds iets uniek en persoonlik aan my is.
