Leah van der Merwe
Ouderdom
Tuisdorp
Skool en dorp/stad van skool
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My inspirasie was om te lyk asof ek uit ’n sprokieswêreld kom.
Ek wou ’n rok hê wat romanties en besonders voel, maar ook my persoonlikheid weerspieël. Ek het verskillende rokke op my visiebord versamel, elk met iets waarvan ek gehou het. Ek en Lindi Gouws het daardie elemente saamgevoeg en dit as inspirasie gebruik om my eie, unieke rok te ontwerp.
Ek het aanvanklik altyd gedink ek sou ’n sagte geel rok dra. Die koraal-/salmpienk materiaal was dus ’n onverwagse keuse, maar Lindi het my gehelp om ’n kleur te kies wat mooi by my gelaat pas en my laat uitstaan. Dit het uiteindelik perfek by die sprokiesgevoel gepas wat ek wou skep.
Die blomme was vir my ’n groot deel van daardie droom, en met elke passing het ek nóg bygevoeg! Lindi het geduldig my idees tot lewe gebring. Tydens die laaste passing het ons gevoel dat daar nog iets kort. Sy het toe ’n ou romp wat sy gehad het, gebruik om die onderste gedeelte van my rok te skep. Daardie onverwagse toevoeging het alles bymekaargebring en die sprokiesprentjie voltooi.
