Lenè Wilkens

Lenè Wilkens Lenè Wilkens Lenè Wilkens

Ouderdom

18

Tuisdorp

Klerksdorp

Skool en dorp/stad van skool

Klerksdorp

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie was die strelelie (Strelitzia), ’n blom wat my onmiddellik aangetrek het met sy treffende kleure, gewaagde vorms en amper beeldhoukundige voorkoms. Ek wou die blom se natuurlike drama en kleur in ’n ontwerp vasvang wat nie net elegant is nie, maar ook waaghalsig, kunstig en vol lewe. Ek was nog nooit iemand wat bang is vir kleur of om uit te staan nie, en daarom wou ek hê my rok moes dieselfde energie uitstraal. Die eindresultaat is veel meer as net ’n rok – dit is ’n weerspieëling van my persoonlikheid, my liefde vir kreatiwiteit en my begeerte om iets te dra wat werklik uniek is. Vir my was die belangrikste dat ek nie net mooi moes voel nie, maar dat ek myself in elke detail van my rok kon herken.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media