Megan Eales
Ouderdom
18
Tuisdorp
Brits
Skool en dorp/stad van skool
Shekinah Academy Tutor Centre, Brits North West
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Soos vir soveel meisies, was die nog altyd my droom om soos n prinses te lyk . Ek het baie verskillende rokke aangepas, maar toe ek hierdie een aantrek, het dit net anders gevoel asof ek uiteindelik die rok gevind het wat by my pas. Die sagte blou blomme, die pêrels en die diamante gee dit vir my n elegante, romantiese gevoel, terwyl die hele rok my laat voel het asof ek vir een aand in n Bridgerton-verhaal ingeloer het. Dit is nie net die rok wat ek die mooiste gevind het nie, maar die gevoel wat dit my gegee het toe ek dit aantrek, ek het gevoel soos die beste weergawe van myself, en presies soos ek my matriekafskeid nog altyd wou gehad het.
