Charné Nel-Lizemore
Ouderdom
18
Tuisdorp
Klerksdorp
Skool en dorp/stad van skool
Hoërskool Wesvalia, Klerksdorp
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Alles het begin by ’n rok wat ek by Ernst aangepas het. Ek is iemand wat fokus op die klein, spesiale dinge in die lewe en ek kyk altyd dat elke detail perfek is. Ek het gevoel die fyn sequins beeld my persoonlikheid perfek uit. Die stywe rok het my ’n elegante silhoeët gegee. Die helder rooi is ’n kleur wat aandag trek, maar steeds elegant en tydloos bly – presies soos die gevoel wat ek met my rok wou skep.
