Jenna Mc Carthy

Jenna Mc Carthy Jenna Mc Carthy Jenna Mc Carthy

Ouderdom

18

Tuisdorp

Oudtshoorn

Skool en dorp/stad van skool

Hoërskool Oudtshoorn / Oudtshoorn

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het nog altyd gedroom oor ń donkergroen matriekafskeidrok en het sommer dadelik een in my hand gehad toe ek Livia & co binnegestap het. Dus het ek glad nie verwag om met my bruin matriekafskeidrok uit te stap nie. Ek glo in die stelling “less is more” wanneer dit by bykomstighede kom en ek het dus geweet dat ek na ń unieke, skitterende rok opsoek was wat glad nie bykomstighede nodig gehad het om uit te staan nie. Soos wat ek die verskillende rokke op die hangers bestudeer het, het ek verby die bruin rok gestap en dit het dadelik my oog gevang. Dit was, soos wat hulle in die flieks sou sê, liefde met die eerste oogopslag. Dit was uniek en ek kon met sekerheid sê dat ek nog nooit so ń rok gesien het nie. Ek het dit heel laaste aangepas en het sommer dadelik tuis gevoel in daardie pragtige materiaal. Dit was die vinnigste besluit wat ek nog gemaak het om “ja” te sê vir daardie rok!

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media