Rika Elsa Delport

Rika Elsa Delport Rika Elsa Delport Rika Elsa Delport

Ouderdom

18

Tuisdorp

Mosselbaai

Skool en dorp/stad van skool

Curro Mosselbaai

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie was Legally Blond, maar nie net omdat Elle Woods lief is vir pienk nie. Ek hou van wat sy vir my teenwoordig, sy het nooit gevoel sy moet haar persoonlikheid, vroulikheid of liefde vir kleur wegsteek om ernstig opgeneem te word nie.
Selfs wanneer mense haar onderskat het, het sy nie probeer om soos almal te word nie, sy het eerder gegroei in wie sy reeds was, en elke probleem op die Elle manier gedoen en so meer harte aangeraak.

Dit is wat my inspireeer dat selfvertroue nie beteken jy moet die hardste persoon in die vertrek wees of jouself verander om in te pas nie. Daarom moes my rok nie sagte pienk wees waar ek wil wegkruip nie, maar vrolike pienk wat sê "Hier is ek"!
Die kleur, die blink detail en die groot vorm van die rok weerspieël vir my daardie idee van jouself omhels en nie bang wees om 'n bietjie anders te wees nie.

Vir my is pienk dus meer as net 'n kleur dit herrinner my om nie kleiner te word sodat ek makliker in iemand anders se idee van wie ek moet wees, kan pas nie. Ek wil eerder aanhou groei tot die beste weegawe van myself, sonder om die kleur uit my persoonlikheid te verloor.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media