Wuelamé Cilliers

Wuelamé Cilliers Wuelamé Cilliers Wuelamé Cilliers

Ouderdom

18

Tuisdorp

Heilbron

Skool en dorp/stad van skool

Hoërskool Trio Kroonstad

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Vandat ek op laerskool was, het ek gedroom om op my matriekafskeid soos ’n prinses te lyk en te voel. Die animasiefliek "EPIC", wat uitgekom het toe ek vyf jaar oud was, was die grootste inspirasie vir my rok. Die betowerende wêreld van die woud het my laat droom van ’n bosnimfprinses, met ’n romp van blare en baie glinster.

My ma noem my haar “skoenlapperkind”, en ek wou hê my rok moes daardie deel van my weerspieël. Dromerig, speels en vol kleur en plink. Ek het ’n blom as inspirasie gebruik, met groen blare en pienk blomblare. Op my matriekafskeid het daardie kinderdroom uiteindelik lewe gekry, en ek het presies gevoel soos die prinses wat ek altyd wou wees.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media